Wednesday 7 September 2011

Sport in skole

Leerders moet gemotiveer word om net soveel energie te gebruik wanneer dit by akademie kom soos wat hulle gebruik op die sportveld.

Is sport belangriker as akademie in die skole

Op laerskool word dit al vasgestel dat sport belangriker is as leerders se akademie.  Die sportiewe leerders in die skool word voorgetrek deur die onderwysers omdat hul so baie tyd spandeer op die oefen velde en nie agter die boeke nie.  Indien 'n sport leerder hom/haarself swak gedra in die klas mag die leerder nie soos al die ander leerders gestraf word nie, deur in die middae agter te bly nie of ekstra huiswerk te kry, want die leerder moet op die sportveld presteer.  Sport leerders word as meer populer gesien in die skool as die leerders wat akademies presteer.  Watter voorbeeld stel ons vir ons leerders as dit ons siening in skole is?